WELKOM | MEER OOR ONS | ADVERTENSIES | ARGIEWE | KONTAK ONS
Kopiereg © 2012 -2013 Overvaal Nuus. Alle regte voorbehou. Ontwerp deur AdWorx Design Studio in samewerking met Precision Group
018 596 1772
018 596 1777
OVERVAAL
Die gewilde GRATIS koerant sedert 1983
SOLI DEO GLORIA
Jy word hartlik welkom geheet by OVERVAAL as dit jou eerste besoek aan ons webtuiste
is. Ons vertrou dat jy ons in die toekoms meer gereeld gaan besoek. OVERVAAL vier
binnekort sy 30ste bestaansjaar. Ons webtuiste word gereeld herskep om vir jou, as
leser, meer waarde te bied.
OVERVAAL sal graag interessante stories, nuusbrokkies en nuuswaardighede van jou, die leser wil ontvang. Dit sluit skole nuus, sport aktiwiteite en datums van geleenthede vir ons dagboek in. Deel jou foto’s met ons lesers! Stuur jou foto aan nuus@overvaalnuus.co.za en as ons jou foto goedkeur sal dit geplaas word. Onthou om ‘n kort beskrywing, jou naam en kontak besonderhede in te sluit!
Berigte oor nuuswaardighede en gebeurtenisse in die ekonomie, politiek, sport en kultuur van die gemeenskap kan deur almal wat belangstel gelees word.
OVERVAAL is een van die bekendste plattelandse koerante in Suid-Afrika.
KORPORATIEWE GESKENKE
Dit kan soms moeilik wees om geskenke vir vennote, werknemers of kliënte te koop. Ons bied ‘n wye verskeidenheid geskenk opsies. Jy het ook ‘n geleentheid om kanker en vigs bewusmaking te bevorder.
Ons voorsien van penne tot sonskerm, braai toerusting tot sakke en nog vele meer. Vir meer inligting kontak ons gerus by 018 596 1772 of 018 596 1777 of per e-pos: nuus@overvaalnuus.co.za.
OVERVAAL is ‘n tweetalige koerant met nuusbrokkies wat die hele gemeenskap sal interesseer. Dit sluit ook plaaslike nuus van gebeurtenisse in ons nabye omgewing sowel as stories oor mense en hulle dinge.
OVERVAAL bestaan reeds sedert 1983 en is in private besit en bied jou die geleentheid om huidige nuus gebeure, artikels en ander interessanthede in ons weeklikse publikasie te geniet in beide gedrukte koerant en aanlyn e-koerant formaat. Ons deel ook nuuswaardige brokkies oor mense en dinge in ons gemeenskap.
10 000 kopieë word elke Vrydag in Boshof, Bothaville, Bultfontein, Bloemhof, Bamboesspruit, Christiana, Hoopstad, Hertzogville, Hartbeesfontein, Hartswater, Kameel, Leeudoringstad, Makwassie, Ottosdal, Reivilo, Stella, Schweizer-Reneke, Tosca, Vryburg, Wesselsbron, Wolmaransstad en Klerksdorp versprei.
OVERVAAL laat die klem op gemeenskapsake en daardie dinge en nuus wat ons lesers die meeste raak val .
DIE OVERVAAL vervul ’n onontbeerlike diens as kommunikasiemedium vir lesers en adverteerders in die grootste deel van die Noordwes.
Vir adverteerders is daar geen doeltreffender metode om hulle dienste en produkte aan ons lesers te bemark nie.
Om te adverteer skakel:
018 596 1772 of
018 596 1777
Jy is ook welkom om ‘n
e-pos te stuur aan:
As KLERKSDORP en die PLATTELAND jou TEIKENMARK is om jou besigheid se produk of diens te adverteer is ‘n advertensie in die OVERVAAL jou beste opsie.
Die OVERVAAL kan ook weekliks in elektroniese formaat aanlyn gelees word.
| VERSPREIDING |