Advertensies

Overvaal Advertensies

OVERVAAL vervul ’n onontbeerlike diens as kommunikasiemedium vir lesers en adverteerders in ‘n groot deel van Noordwes, Vrystaat en Noordkaap.

overvaal-advertensies3

Vir adverteerders is daar geen doeltreffender metode om hulle dienste en produkte aan ons lesers te bemark nie.

overvaal8-15februarie2019

OVERVAAL is ‘n tweetalige koerant met nuusbrokkies wat die hele gemeenskap sal interesseer. Dit sluit ook plaaslike nuus van gebeurtenisse in ons nabye omgewing sowel as stories oor mense en hulle dinge. 


Lees OVERVAAL nou aanlyn

ADVERTEER NOU IN DIE NUUTSTE OVERVAAL

Om nie te adverteer nie is soos om alleen in ‘n donker kamer te wees agter ‘n toe deur.  Jy weet jy is daar, maar niemand anders weet nie.  

Meeste besighede moet adverteer as hulle suksesvol wil wees, omdat dit die basiese manier is hoe nuwe kliente van jou besigheid te wete kom.

Tog is dit verrassend om te sien hoeveel eienaars van klein besighede aan neem dat hulle ‘n fantastiese idee het, of sigbaar geleë is, of ‘n duidelike advertensie bord het, of aanskoulik is of wat se medium dit ook al van gebruik maak,  kliente gaan lok.  

Advertensies bring nuwe kliente.  Natuurlik is bemarking belangrik, asook om te network en van sosiale media gebruik te maak, en uitstekende kliente diens tel ook in jou guns vir mondelingse verwysings; maar deur te adverteer kan jy die meeste potensiële inkomste verdien.  

Advertensies skakel die lig aan en laat weet kliente dat jy daar is.

Lojale en gereelde adverteerders vertrou ook die OVERVAAL span omdat hul ‘n etiese besigheidspraktyk toepas, asook die effektiewe en doeltreffende weeklikse verspreiding van die gedrukte media en die uitstekende kliente diens wat hul bied.

Sperdatum vir advertensies is Dinsdae om 12:00 voor die koerant op Vrydag verskyn, bespreek dus jou advertensie so spoedig moontlik om die beste spasie te bekom.

Verkoop jy ‘n fantastiese produk? Lewer jy ‘n spesiale diens? Ongelukkig gaan niemand hiervan weet indien jy nie adverteer nie… 


Bespreek nou jou advertensie

BESPREEK NOU JOU ADVERTENSIE IN DIE OVERVAAL

WAT KAN ‘N ADVERTENSIE IN OVERVAAL VIR JOU BESIGHEID DOEN?:
  • Herinner bestaande kliente en stel nuwe kliente aan die voordele van jou produk of diens bekend.
  • Vestig en hou jou besigheid se unieke identiteit in stand.
  • Verbeter jou besigheid se reputasie
  • Moedig bestaande kliente aan om meer van jou produk of dienste te koop
  • Lok nuwe kliente.
  • Bou verkope
  • Bevorder jou besigheid en stel dienste en produkte bekend aan nuwe kliente, beleggers en ander.

Advertensies kan wondere vir jou produk verkope doen indien jy dit korrek doen.  Dit beteken meer wins en meer sukses vir jou besigheid wanneer jy adverteer…